EU se besluit om natuurlike gas as groen te beskryf, verwelkom

Die Afrika Kamer van Energie het die Europese Unie se uitstaande voorstel om natuurlike gas as ‘n ‘groen’ energiebron te beskryf, verwelkom. Die kamer sê die EU het Afrikalande se beroep op ‘n veilige en omvattende oorgang na groen energie gehoor. Volgens die kamer moes Afrika nog altyd teen klimaatsverandering stry en dit het eerstehandse kennis van die verwoestende gevolge wat dit op bevolkings kan hê. Die kamer sê om volhoubaar te wees, moet Afrika industrialiseer, sodat dit dieselfde geleenthede as Europa en Westerse lande kan skep.