EU sal humanitêre bystand vir Afghanistan viervoudig vermeerder

Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, sê sy gaan voorstel dat die finansiële humanitêre hulp vir Afghanistan uit die Europese Unie se begroting, bykans viervoudig vermeerder word. Sy sê dit sal help om in die dringende behoeftes van burgers in die land asook in die naburige gasheerlande te voorsien. Von der Leyen sê sleutel-EU-programme soos mediese geriewe, voedselverspreiding, noodwatervoorsiening en sanitasie in Afghanistan is steeds aan die gang. Sy voeg by dit is ‘n morele plig om die Afghaanse volk te help.