EU-leiers verbied twee-derdes van hul olie-invoer uit Rusland

Leiers van die Europese Unie het ooreengekom om twee-derdes van hul olie-invoer uit Rusland te verbied in ‘n poging om Rusland se fondse vir die oorlog in Oekraïne te beperk. Die sanksies sal ‘n onmiddellike uitwerking hê op 75 persent van Russiese olie-invoer. Ná teenkanting deur Hongarye sal die verbod eers nie olie-invoer per pyplyn raak nie. Die Europese Kommissie se president, Ursula von der Leyen, sê die omvang van die verbod kan wyer strek omdat Duitsland en Pole aangebied het om hulle eie invoer per pyplyn teen die einde van die jaar te verminder.