EU het doelgerigte eenheid teen Rusland

Die Europese Unie sê die wyse waarop hy reageer op Rusland se inval in Oekraïne, sal die toekoms van hierdie internasionale stelsel bepaal. Die Russiese ministerie van verdediging het Kiëf se inwoners gewaarsku dat hy gereed maak om teikens in die Oekraïnse hoofstad aan te val. Die Europese Kommissie se president, Ursula von der Leyen, sê die EU toon ‘n doelgerigte eenheid en het drie vlae streng sanksies aanvaar teen Rusland se finansiële stelsel, sy hoë-tegnologie-nywerhede en sy korrupte elite: