EU gooi grense oop vir besoekers wat ingeënt is

Die Europese Unie het sy grense vir besoekers oopgestel wat ten volle ingeënt is of diegene wat van sogenaame Covid-veilige lande reis. Ambassadeurs van 27 EU-lidlande het vandag ‘n konsensus bereik om reëls in plek te hê voor die Europese somerseisoen. Die EU sal reisigers aanvaar wat ten volle met goedgekeurde inentings van die Wêred Gesondheidsorganisasie aanvaar. Dit sluit Pfizer-BioNTech, Moderna, Johnson en Johnson, AstraZeneca en Sinopharm in. Die Voorsitter van die Toer- en Safarivereniging van Namibië, Nathaly Ahrens het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit is baie goeie nuus vir die toerismesektor. Sy sê veral toeriste van Duitsland en EU-lande wat die groter toerismemarkte is, kan nou onder makliker toestande Namibië toe kan kom.