Etotha-karnaval kry fondse in

Die eerste Etotha-karnaval, wat jaarliks aangebied sal word, is by ‘n fondsinsamelingsgeleentheid op Ondangwa bekendgestel. Die hoofborg, die Ondonga Tradisionele Owerheid, het 500 000 Namibiese dollar belowe vir die karnaval, wat onder meer daarop gemik is om die lewensbestaan van die plaaslike gemeenskappe te verbeter, die erfenis van die gemeenskappe te laat herleef en te bewaar, en volhoubare toerisme-ontwikkeling te bevorder. ‘n Verdere miljoen dollar is ingevorder. Kosmos 94.1 Nuus het met die Black Business Leadership Network van Namibië se voorsitter, Eliphas Simon, gepraat oor waar die tradisionele owerheid die geld sal kry wat hulle belowe het.