Etosha Nasionale Park se heining word steeds opgradeer

Sowat 118 kilometer van die roofdier- en olifantwerende heining van die noordelike grens van die Etosha Nasionale Park is tydens die 2020-2021 finansiële jaar opgradeer. Volgens die woordvoerder van die omgewingsministerie, Romeo Muyunda, is 48 kilometer van die heining reeds geëlektrifiseerd. Hy het gesê die oorblywende dele is opgegradeer en geëlektrifiseer, maar olifante het dit beskadig en dit sal eers tydens die 2021-2022 boekjaar weer herstel word.