Etihad hervat vlugte na SA

Die lugredery, Etihad, wat in Abu Dhabi gebaseer is, het aangekondig hy hervat laat in November vlugte na Suid-Afrika, ‘n jaar nadat sy kantoor in Johannesburg gesluit is. Reise tussen die Midde-Ooste en Suid-Afrika hervat stadig ná streng beperkings weens die koronavirus. Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate se reise na Suid-Afrika volg nadat die twee lande hulle verbod op ten volle ingeënte Suid-Afrikaanse reisigers opgehef het. Die redery beplan drie vlugte per week, op Maandae, Donderdae en Saterdae.