Eskom wil sy luggehalte-teikens haal

Eskom het hom daartoe verbind om sy luggehalte-teikens te haal ten spyte van uitdagings en finansiële beperkings. Die kragvoorsiener het aan die parlementêre omgewingskomitee gesê hy kan die helfte van sy verpligtinge binne vier jaar nakom. Weens die groot finansiële en hulpbronvereistes het Eskom op ‘n benadering besluit wat teen 2025 tot ‘n nakoming van 57 persent sal lei. Intussen het Eskom aangekondig dat beurtkrag dalk vanaand ingestel sal word. Die komitee se voorsitter, Fikile Xasa, sê hulle is tevrede met die vordering van die teikens.