Eskom-werker steel glo dromme transformator-olie

‘n Werknemer van Eskom in Gauteng sal aan interne dissiplinêre prosesse onderwerp word nadat hy in Rosherville in Johannesburg in hegtenis geneem is vir beweerde diefstal van transformator-olie en kragveiligheid-oplosmiddel. ‘n Woordvoerder, Amanda Qithi, sê sekerheidspersoneel het die werknemer betrap toe hy probeer het om die perseel te verlaat met drie vol dromme transformator-olie, ‘n leë een, asook ses vyf-liter houers met krag veiligheid-oplosmiddel, waarvoor hy geen verwyderingspermit gehad het nie.