Eskom verhoog beurtkrag na fase 6

Eskom moes noodgedwonge beurtkrag tot fase ses verhoog nadat verskeie eenhede onklaar geraak het. Fase ses sal  daagliks van vier namiddag tot vyfuur die volgende oggend  voortduur, met fase vier-beurtkrag wat tot verdere kennisgewing van vyfuur soggens tot vier namiddag ingestel sal word. Eskom-woordvoerder Sikonathi Mantshantsha sê eenheid een van die Matla-kragstasie in Mpumalanga is afgeskakel om ‘n lekkasie in ‘n ketelbuis te herstel.