Eskom sal kraguitvoere moet staak?

Suid-Afrika se elektrisiteitskrisis kan toegeskryf word aan die voortdurende elektrisiteitsvoorsiening aan lande soos Zambië en Zimbabwe, korrupsie onder die dekmantel van swart bemagtiging en onbevoegde personeel. Dis die mening van die leier van die Vryheidsfront Plus, Pieter Groenewald. Hy voeg by die uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, het dit gister duidelik gemaak Suid-Afrika se ekonomie is amper op sy knieë omdat die regering agteroor buig om ander lande te help: