Eskom pas fase 2-beurtkrag toe 

Eskom gaan vandag en môre fase twee-beurtkrag toepas, vanaf vier-uur die middag tot middernag. Die kragvoorsiener beplan om beurtkrag Saterdag en Sondag na fase een te verlaag. Aanpassings sal gemaak word indien enigiets in die stelsel verander. Die vooruitsig vir volgende week sal oor die naweek deurgegee word.