Eskom lê klag oor Medupi-kragstasie

Eskom ontken dat enige personeellid van vuilspel verdink word ná die ontploffing die naweek by sy Medupi-kragstasie in Limpopo, al is daar ‘n strafregtelike saak geopen. Die kragvoorsiener het ‘n klagte van kwaadwillige saakbeskadiging ingedien by die polisiekantoor in Lephalale. Niemand is Sondagaand beseer toe ‘n kragopwekker by die nuut-geboude aanleg ontplof het nie. Suid-Afrikaanse media berig die klagte volg op instruksies van die Kantoor vir Nasionale Sleutelpunte waar die voorval volgens wet aangemeld is.