Eskom kan nie kragkrisis oplos nie, net ANC-regering kan

Suid-Afrika se kragkrisis kan opgelos word, maar dit kan nie van Eskom verwag word nie. Dit is volgens die buurland se energiekenner, Hilton Trollip. Hy sê Eskom doen wat hy kan om die ligte aan te hou, maar net die regering kan die nodige stappe doen om nuwe opwekkingsvermoë by die kragnetwerk te voeg. Die regering moet egter meer verantwoordelikheid neem:

Trollip sê die Departement van Minerale Bronne en Energie is traag om kragopwekking-projekte te implementeer. Sedert 2015 is daar volgens hom nog geen noemenswaardige kontrakte onderteken nie: