Eskom herstruktureer, skep filiale vir afdelings

Eskom werk na wat berig word volstoom aan die ontbondeling van die openbare nutsmaatskappy, na ‘n transmissie-, opwekkings- en verspreidings-afdeling. Suid-Afrikaanse media berig die afdelings sal aparte regs-entiteite en vol-filiale wees. In ‘n brief aan die mynwerkers en metaalwerkers vakbonde, sowel as aan Solidariteit, sê Eskom die konsultasie-periode ingevolge die herstrukturerings-gespreks-raamwerk is nou verby en hy gaan voort met die volgende fase vir die skepping van die Nasionale Transmissie-maatskappy van Suid-Afrika.