Eskom gaan dalk vanaand Fase 2-beurkrag instel

Eskom het aangekondig fase 2-beurtkrag kan dalk vanaand ingestel word weens ‘n tekort aan opwekkingsvermoë. Woordvoerder Sikonathi Mantshantsha sê ‘n eenheid het onklaar geraak by die Majuba- en die Tutuka-kragstasie en twee eenhede by Kriel, en dit het groot druk op die stelsel geplaas.