Eskom bied geen verhoging by samesprekings aan nie

Eskom sê hy kan nie voldoen aan vakbonde se eise vir salaris- en voordele-verhogings nie. Die buurland se kargvoorsiener het sedert gister met drie vakbonde vergader, maar aangedui dat hy geen aanbod na die samesprekings bring nie. Eskom het ook gesê ‘n toename in behuisingsvoordele is onbekostigbaar. Die metaalwerkersvakbond, Numsa, en die mynwerkersvakbond, die NUM, vra ‘n verhoging van 15 persent. Solidariteit vra ‘n verhoging van 9,5 persent vir sy lede.