Eskom: Beurtkrag verlaag môre na fase 3

Eskom het aangekondig beurtkrag verlaag môreoggend vyf-uur van fase 4 na fase 3. Dit sal voortduur tot Vrydagoggend vyf-uur, waarna fase 2 sal voortgaan tot Saterdagoggend vyf-uur. Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter, het op ‘n nuuskonferensie gesê die kragvoorsiener hoop om daarna beurtkrag op te hef en na normale bedrywighede terug te keer.