Eskom: Beurtkrag minder die naweek

Eskom het bekendgemaak beurtkrag bly op fase 2 tot vyf-uur môreoggend. Die bestuurder van krisiskommunikasie by Eskom, Menzi Mngomezulu, sê daarna sal dit oorskakel na Fase 1 met dieselfde afwisseling tot Sondagoggend vyf-uur. Mngomezulu sê egter beurtkrag sal die grootste deel van Sondag opgeskort wees. Volgens hom is die laer vlakke te wyte aan drie opwekkingseenhede wat weer in bedryf gestel is.