Eskom: Beurtkrag kan tot fase 3 verhoog

Eskom het aangekondig hy kan gedwing word om beurtkrag op kort kennisgewing tot fase 3 te verhoog. Dit word toegeskryf aan ‘n tekort aan krag en meer opwekkingseenhede wat buite werking is. Bedryfshoof Jan Oberholzer het op ‘n nuuskonferensie oor die huidige stelsel-uitdagings gesê lae damvlakke en lae diesel-voorraad, asook verhoogde vraag, kan lei tot ‘n hoër fase.