Eskom bekommerd oor diefstal by kragstasies
Eskom is bekommerd oor die diefstal van steenkool, brandstofolie en diesel by sy kragstasies regoor die land. Die kragreus se verklaring volg ná die in hegtenisneming van twee Eskom-werknemers en ‘n brandstofolie-vragmotorbestuurder, vir bedrog en oliediefstal by die Kendal-kragstasie in Ogies in Mpumalanga. Eskom se woordvoerder Daphne Mokwena sê die diefstal van swaar brandstofolie is ‘n hoogs-georganiseerde misdaad en betrokke sindikate word verryk deur opbrengste uit onwettige handel in die gesteelde produkte.