Escobar se seekoeie kry voorbehoed

Die seekoeie van die ontslape dwelmbaas Pablo Escobar is weer in die nuus. Daar is onlangs berig dat die diere se getalle skerp gegroei het nadat Escobar ongeveer 30 ingevoer het vir sy privaat dieretuin. Daar is nou meer as 90 wat vrylik rond beweeg en die omgewing bedreig. Hulle is ook uiters gevaarlik. Seekoeie kom nie natuurlik in Suid-Amerika voor nie. Colombiaanse owerhede het besluit dat die diere ‘n voorbehoedmiddel sal ontvang en dat dit deur middel van ‘n pylgeweer toegedien sal word.