Erongo-goewerneur spreek Omaruru-probleme aan

Inwoners van Omaruru is steeds ontstoke na ‘n onlangse protesaksie en petisie wat by die munisipaliteit ingedien is. Hulle meen die dorpsraad en burgemeester is korrup. Daar is verskeie klagtes wat handel oor beskikbare erwe, dienslewering en die aanstelling van Redforce om skuld in te vorder. Die goewerneur van die Erongo-streek Neville Andre, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig hy is bewus van die probleme op die dorp en was reeds daar om met die raad te gesels.