Ernie Els se rekord is gebreek

Die Australiër Cameron Smith het Jon Rahm met een hou geklop by die Toernooi van Kampioene en ‘n nuwe rekord opgestel. Die 28-jarige Smith van Brisbane het die laagste telling vir ‘n toernooi oor 72-putjies op die Amerikaanse PGA-toer verbeter met sy 34 houe onder baansyfer op die Plantation-baan by Kapalua in Hawaii. Hy het Ernie Els se rekord van 31 houe onder baansyfer, wat hy in 2003 by Kapalua opgestel het, verbeter. Die Suid-Afrikaners Erik van Rooyen en Garrick Higgo het agtien houe agter Smith klaargemaak, saam met die Amerikaner Bryson DeChambeau.