Ergste vloed in Benede Oranje eers verby

Dit wil voorkom asof die ergste vloedwaters in die Benede Oranje verby is. Die Namibiese Hidrologiese Diens sê Blouputs in die Oranje-rivier het tans op 3,76 meter en terwyl die damme wat die gebied voed steeds bo 100 vol is, is die volume water wat vrygestel word, baie minder. Op die oomblik is net een sluis by die Vaaldam oop met vrystellings van 122,5 kubieke meter per sekonde. Bloemhofdam laat op die oomblik 100 kubieke meter per sekonde vry en Gariep, 646,74 kubieke meter per sekonde.