Erge hitte kan brande laat opvlam

Die brandweerdiens van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit sê die brand in die Gydo-pas net bo die Witzenberg-vallei is heeltemal onder beheer. Die brandweerdiens het die helikopters Whiskey en Tango by Henley Air, asook die Black Hawk en Huey, vroeër geaktiveer. Die woordvoerder vir die brandweerdiens, Jo-Anne Otto, sê die erge hoë temperature in die omgewing van 40 grade Celsius, is ‘n bron van kommer aangesien ‘n brand maklik in sulke omstandighede weer kan opvlam.