Erg beskadigde stadion in Tshwane teen hoë koste afgebreek

Die DA in Gauteng sê die provinsiale LUR vir sport, kuns, kultuur en ontspanning, Mbali Hlophe, is bereid om miljoene rand te vermors om wat nog oor is van die HM Pitje-stadion in Mamelodi, Tshwane, te laat afbreek. Kingsol Chabalala van die party sê dit is uiters kommerwekkend want die beraamde koste van die werk is baie hoog en die geld word nou uit die departement se ander programme geneem om te verseker dat dit gebeur.