Erdoğan verdedig reddingspogings na aardbewing

Die Turkse president, Recep Tayyip Erdoğan, het kritiek op sy regering se reddingspogings ten sterkste veroordeel en sê dit is nooit moontlik om vir so ‘n ramp voor te berei nie. Hy het die Hatay-provinsie besoek, naby die episentrum van Maandag se dodelike aardbewings. Nagenoeg 15 000 mense is reeds dood na die aardbewings in die suide van Turkye en noordelike deel van Sirië. Erdoğan het belowe om gebiede wat deur die aardbewings getref is binne ‘n jaar te herbou en sê dit is ‘n tyd vir eenheid en solidariteit.