Epstein se medewerker dood gevind in Paryse tronk

Die Franse modelleer-agent en Jeffrey Epstein se medewerker, Jean-Luc Brunel, is dood aangetref in ‘n tronk in Parys. Die 76-jarige Brunel is in Desember 2020 in aanhouding geneem as deel van ‘n ondersoek na bewerings van verkragting, seksuele aanranding en seksuele teistering. Die was ‘n voorlopige ondersoek om te bepaal of Epstein, die ontslape finansierder en veroordeelde seksoortreder, seksmisdade in Frankyk of teen Franse slagoffers gepleeg het. Epstein is dood aangetref in ‘n tronk in New York.