Epidemiologie en openbare gesondheid

Epidemiologie is ‘n studie van siektes in bevolkings. Veeartse en ander betrokke in voorkomende medisyne en openbare gesondheid, gebruik epidemiologiese metodes om siektes na te vors, uitbrekings te ondersoek en risikofaktore te identifiseer. Emmy Ndevaetela van die Namibiese gesondheidsministerie, verduidelik die rol van ‘n epidemioloog in die openbare gesondheidsorgsektor.