eNuus sny weer-poste

eNuus in Suid-Afrika het met onmiddellike effek drie van sy weervoorspellers se dienste beëindig. Annette Botha, Joel Guy en Anika de Beer sal nie meer die weerspellings doen op sowel die Afrikaanse as Engelse kanale van eNuus nie. Die nuuskanale gaan voortaan net weerkaarte tydens bulletins gebruik.