Entstowwe word vernietig weens lae inentingskoers in Namibië

Die Namibiese gesondheidsministerie het gewaarsku dat meer as 268 000 Covid-entstofdosisse van AstraZeneca en Pfizer vroeg volgende week vernietig moet word weens die stadige inentingskoers van Namibiërs. Ben Nangombe, die uitvoerende direkteur in die ministerie, het einde verlede jaar late gesê Pfizer-entstowwe sal in Januarie en Februarie vernietig moet word, omdat dit verval. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder, Walters Kamaya, gesels om uit te vind of die ministerie nuwe voorraad entstowwe gaan bestel, veral vir persone wat hul tweede Pfizer-inenting moet kry.

Kamaya het ook die stand van Hepatites E in die land weergegee.