Entstowwe in Suid-Afrika

Suid-Afrika het genoeg entstowwe om tot die einde van die jaar te hou en beplan dus nie nou om die Chinese Sinovac- of AstraZeneca-entstof aan te koop nie. Popo Maja, die departement van gesondheid se woordvoerder, sê wanneer die regering wél die dag besluit om AstraZeneca se entstof te bekom, sal dit ook nie van die Serum-instituut in Indië wees nie. Die regering wil Oxford-AstraZeneca en Sinovac Biotech se entstof by die land se bestaande entstof-arsenaal voeg.