Entstowwe het geen impak op dekking by verskering nie – Namfisa

Die Namibiese toesighoudende owerheid vir finansiële instellings Namfisa het bevestig dat enige sterfgeval of ernstige newe-effekte van die Covid-entstof wel in Namibië dekking deur lewens versekeraars ontvang. Die owerheid sê hy het met kommer verneem van plasing op sosiale media dat daar geen dekking is nie omdat die entstof nie goedgekeur is nie. Namfisa sê die entstowwe teen Covid is almal goedgekeur deur die medisyne beheerraad en geniet dekking van alle versekeraars in die land. Die owerheid sê verder die besluit om die inenting te neem of nie het geen invloed op die evaluasie van eise nie.