Entstof-tekorte: Onderstepoort se uitdagings blyk om voort te duur

Daar is ‘n tekort aan landbou-entstowwe as gevolg van uitdagings by Onderstepoort wat meeste van die produkte vervaardig. Die Namibiese bedryf is ook uitgelewer en daar was onlangs waarskuwings in die verband plaaslik uitgereik. Dr Gerhard Verdoorn, ‘n spesialis by CropLife sê dié probleem kom reeds ‘n geruime tyd aan en sal na alle aanduidings nie vinnig opgelos word nie.