Entstof-ontwikkelaar met Barbie-pop vereer

Die speelgoedvervaardiger Mattel het die Britse ontwikkelaar van die entstof teen die Covid-virus, Sarah Gilbert, vereer met ‘n Barbie-pop met haar voorkoms. Vyf ander vroue wat ook die stryd teen die pandemie stry, het nou ook Barbies wat na hulle lyk. Die 59-jarige Gilbert was deel van die span wat die Oxford/AstraZeneca-entstof ontwikkel het. Sy sê dit voel vreemd dat daar ‘n pop is wat soos sy lyk, maar sy hoop dit laat meisies voel dis normaal om loopbane in die wetenskap te volg.