‘Entstof is veilig’

Terwyl die wêreld sy handskoene aantrek om die Covid 19-pandemie te beveg, is Namibiërs steeds besig om te wik en weeg of hulle moet inent of nie. Daar was soveel teorieë rondom die entstowwe. Dr. Flavia Mugala, ‘n geneesheer van die Namibiese gesondheidsministerie, het gesê daar is absoluut niks verkeerd met entstof nie en enigiemand kan dit neem. Sy het ook diegene met chroniese siektes verseker dat hulle nie moet huiwer om met hul dokters afsprake te maak nie.