Enoch-aanstelling lok steeds reaksie uit

Reaksie word steeds ontvang oor die aanstelling van die nuwe Suid-Afrikaanse minister van finansies, Enoch Godongwana in die plek van Tito Mboweni wat gevra het om van sy pos onthef te word. Volgens professor Jannie Rossouw van Wits se Sakeskool in Johannesburg, sal die nuwe minister hom moet toespits op finansiële konsolidasie om ekonomiese groei in die buurland en die streek te realiseer.