Engeland skop vas aan begin van vierde toets teen Indië

Krieket: Engeland het herstel van ‘n swak begin in die vierde toets teen Indië in Ranchi. Ben Stokes het die loot gewen en gekies om te kolf, en die besoekers het hul derde paaltjie verloor op slegs 47. Daarna het Jonny Bairstow en Joe Root vasgeskop, voordat die paaltjies weer begin val het. Root het egter verder vasgebyt en die dag op ‘n onoorwonne 106 afgesluit, met Engeland op 302 vir sewe. Engeland moet die toets wen om die reeks te red nadat hulle die eerste wedstryd gewen, maar die volgende twee verloor het.