Engeland se vroue is gereed vir Europese kampioenskap

Engeland se kaptein, Leah Williamson, sê die groep het deeglik voorberei vir hulle eerste wedstryd op die Europese Vrouekampioenskap. Engeland is die gasvrou en word as die gunsteling beskou om die toernooi te wen. Hulle speel vandag in die openingswedstryd op Old Trafford in Groep A teen Oostenryk. Sestien spanne, insluitend die nuweling, Noord-Ierland, neem aan die toernooi deel. Volgens Williamson moet hulle al die harde werk nou verwesenlik: