Energiekenner bekommerd oor Eskom wat nie diesel kan aankoop

Die energiekenner, Clyde Mallinson, sê Eskom se aankondiging oor ʼn gebrek aan fondse om diesel aan te koop is ‘n groot bron van kommer. Die departement van openbare ondernemings het verlede week met Eskom se direksie vergader om maniere te bespreek om meer fondse te bekom om die kragvoorsiener te ondersteun. Mallinson sê Eskom bestee te veel geld aan diesel om elektrisiteit te verskaf. Hy sê daar moet dringend ʼn oplossing gevind word.