Energie-sekerheid belangrik vir SA

Die Bestuurshoof van Business Leadership South Africa, Busi Mavuso, sê maatskappye kan sowat 150 miljard Namibiese doller in nuwe energie-aanlegte belê, veral hernubare energie wat tans die goedkoopste energiebron is. Mavuso sê dit sal tienduisende werksgeleentheide skep en breër beleggings ondersteun namate maatskappye weer vertroue in energie-sekerheid herwin. Sy sê die land is by magte om ‘n doeltreffende en betroubare energiesektor te skep, maar die regering moet dringend en met vasberadenheid die nodige beleidsveranderings aanbring.