En, dis Netumbo wat die top-posisie vat!

Netumbo Nandi-Ndaitwah is verkies as die vise-president van Swapo. Die kongres se voorsittende beampte, Joshua Kaumbi het pas die aankondiging gemaak.

Die sekretaris-generaal bly Sophia Shaningwa, wat onoorwonne was maar die posisie van adjunk-sekretaris-generaal steeds onbekend omdat daar nie een kandidaat was wat 51 persent ontvang het nie.