En daar gaan die koffieprys, al weer

Toenemende kommer bestaan dat ‘n globale tekort aan koffie kan ontstaan te midde van die voortslepende Covid-19-inperkings regoor die wêreld. Uitvoerders ondervind toenemend probleme om die bone by hawens te besorg terwyl pryse styg en vertragings met die verskeping daarvan ‘n bedreiging inhou vir die bedryf. Die grootste uitvoerlande soos Viëtnam en Brasilië ondervind ‘n buitengewone droë seisoen en ontwrigtings in hul voorsieningsketting. Daar word berig die ontwrigtings het die prys van koffie tot die hoogste vlak in bykans sewe jaar laat styg.