Emnati verloor vinnig spoed

Winde van tot 135 kilometer per uur het Madagaskar vroeg vanoggend getref toe sikloon Emnati aan land gekom het. Emnati is die vierde storm wat die land in ‘n maand tref. Emnati het aan die suidoostelike kant van die eiland toegeslaan, waar Batsirai net minder as drie weke chaos veroorsaak het en tot talle sterfgevalle gelei het. Meer as 30 000 mense is as voorsorgmaatreël reeds Dinsdag ontruim. Emnati het reeds spoed verloor en is tans as ‘n tropiese storm herklassifiseer nas windspoed afgeneem het tot 100 kilometer per uur. Daar word verwag dat die storm teen vanaand reeds oor die eiland sou beweeg het en suidwaarts in die see in beweeg. Die eiland herstel steeds van die gevolge van die Batsirai, wat op 5 Februarie getref het, wat minstens 124 mense doodgemaak het, die huise van 124 000 beskadig of vernietig het en sowat 30 000 verplaas het.