Emirates stel vlugte uit tot 6 Julie

Die internasionale Emirates redery het ‘n ommekeer gemaak in sy besluit dat vlugte vanuit Suid-Afrika na Dubai Woensdag sal hervat. Die redery het aangekondig dat die vlugte eers op 6 Julie sal hervat en enige passasier wat of deur Suid-Afrika ‘n Emirates-vlug na Dubai onderneem, of vanuit Suid-Afrika na Dubai toe wil vlieg, nie voor 6 Julie sal kan reis nie. Passasiers wat in die afgelope 14 dae deur Suid-Afrika gevlieg het, sal ook nie op Emirates vlugte na Dubai kan reis nie. Vlugte na Suid-Afrika vanuit Dubai gaan voort.