Elon Musk se Dragon-kapsule vertrek Woensdag

Elon Musk se SpaceX Crew Dragon-kapsule sal, as alles volgens plan verloop, Woensdag na die rand van die ruimte vertrek vanaf Nasa se Kennedy Ruimtesentrum. Die vlug sal ongeveer tien-uur in die oggend, Namibiese tyd vertrek. Volgens berigte sal die vlug vyf ure duur met ‘n wentelbaan wat om die aarde gevolg sal word. Jared Isaacman, ‘n Amerikaanse miljardêr het reeds ‘n onbekende bedrag betaal vir ‘n sitplek op die vlug. Nog drie passasiers sal saam met hom en Musk die vlug onderneem.