Elon Musk kry standbeeld op sy 50ste verjaardag

Die onthulling in New York van ‘n bronsbeeld om Elon Musk se 50ste verjaardag te vier, het Twitter-gebruikers warm onder die kraag gehad. Dit was die ondersoek-webblad, public.com, se idee en hulle het gesê of jy hom liefhet of haat, Elon Musk word 50. Twitter-gebruikers het nie doekies omgedraai oor die standbeeld nie. Sommige het gevra dat die kop afgehaal word terwyl ander sarkasties hulle dank uitgespreek het vir ‘n standbeeld waarvoor niemand gevra het nie. Musk is in Suid-Afrika gebore en een van die rykste mense in die wêreld.