Elke hond kry sy dag

‘n Britse gesin was baie bekommerd toe hulle hond verdwyn, maar baie verlig toe sy ‘n paar uur later terugkeer met ‘n geel roset om haar nek. Die beagle-kruising, Bonnie, het uitgeglip toe die hek oopgelaat is. ‘n Man wat met sy eie twee honde op pad was na ‘n hondeskou het haar gelukkig opgemerk en saamgeneem. John Wilmer het Bonnie in die kategorie vir honde wat gered is, ingeskryf en sy het derde gekom. Hy het ‘n plasing oor Bonnie op Facebook gedoen en sy is met haar verheugde eienaars herenig.